"Loading..."
  • Geniet die Jag
    De Putten Jag | Hunting
  • De Putten Jag | Hunting
    Ons Doen Ons Bes

DE PUTTEN JAG | HUNTING

De Putten Jag verskaf 'n jag ervaring eie aan die Karoo. Ons pryse is mededingend. Ons is ook nie daarop uit om die gewone biltong jagter uit te byt nie. Ons glo ook in die bewaring en die bestuur van die natuur. Ons wil graag by almal wat hier jag, die liefde wat ons het vir die Karoo, kweek.

jagtogte            
diere gejag    
tevrede kliente   

OOR ONS

Wat ons aanbied op 'n jagtog

GOEIE GESPREK

Om die kamp vuur, soos met enige jag, kom die dag se goeie en slegte skote uit. By De Putten jag is jou ervaring van ons gasvryheid netso belangrik soos jou jag ervaring.

VERBLYF

Ons self sorg akkommodasie staan vir geen gastehuis terug nie. Ons spog tans met slaap plek vir 10 persone, met volledige badkamer geriewe. Verbeteringe is ook in die beplanning vir die toekoms.

KUNDIGE LEIDING

By De Putten jag is ons uiters professioneel. Die jagter word ten alle tye bewus gemaak van veiligheid. Ons maak ook ten alle tye gebruik van twee arbeiders op perde rug. Hulle is ook heeltemal bevoeg, en weet hoe om met die wild te werk.

WONDERLIKE ERVARING

'n Jag ervaring soos jy net in die Karoo kan kry. Ons maak gebruik van voorsit en stap jag. Ons is ook trots op ons pa en seun jagte. Ons het ook 'n pa en dogter gehad, waar die dogter haar eerste bok geskiet het. Familie le ons ook baie na aan die hart, en is dit vir ons 'n voorreg om deel te wees van so 'n gebeurtenis.

IN DIE KAROO

Ons wil graag he al ons kliente moet die Karoo ervaar soos daar van in liedjies gesing en in gedigte geskryf word. Bowenal moet hulle dit ervaar soos ons dit sien. Kom sit in die veld en ruik die Katbos, Krubos en die Anker Karoo. Sien en luister na die mossies, kraaie en die spreeus. Haal diep asem en neem dit alles in. Ontspan en vat dit weer saam jou stad toe.

JAGTOGTE

Jagtogte word baie goed beplan, sodat die jagter die meeste uit sy ervaring kan uitkry. Elke dag is 'n vol dag en kom ons soms eers na son-onder by die huis. Ons probeer werkilk ons uiterse bes om die ervaring vir elkeen so denkwaardig as moontlik te maak.

Ontmoet die span

Ons is hier om jou ervaring onvergeetlik te maak

WILLIE & Annelise BARNARD
Eienaar | Jag Koördineerder
Jan & Donnie

WIE ONS IS

Ek, Willie Barnard, en Annelise, my vrou, is altwee lief vir die natuur. Ek is die jagter en sy meer die bewaarder. Saam maak ons die perfekte gebalanseerde span. Ons gasvryheid is iets wat stads mense bewonder en nie gewoond is nie. Ons kuier baie graag saam met ons gaste en deel graag die stories van die plaas en alles wat daarmee gepaart gaan.

Ons is mens, mense.

MEER IN ONS VOLLE FOTO GALERY.

KONTAK

Ons sien uit om van jou te hoor

Besonderhede
Adres

Koordinate:
S - 31°50'56"
E - 22°45'25"

BELL ONS
+27 83 761 8088